Archive for September, 2008
Christus was te “liberaal”
Iemand word as “liberaal” beskryf as hy hom nie veel steur aan voorskrifte nie. Dit is iemand wat vry wil wees van die beperkinge van reëls (”libertas” = vryheid).
In hierdie sin sou die Fariseërs en skrifgeleerdes Christus as ‘n liberalis kon beskryf: Iemand wat Hom nie gesteur het aan sekere godsdienstige reëls en voorskrifte nie. Iemand wat ‘n klomp items van hulle sonde-indeks af verwyder het. Christus het bv. die volgende “sondes” begaan of toegelaat dat sy dissipels dit begaan:
Wyse Woorde Vir Jonges
As kinders het ons Prediker 12 uit ons koppe geleer, en daarom sit die inhoud daarvan nog steeds vas in die gedagtes en in die hart. As kind was hierdie beskrywing van die ouderdom in treffende beeldspraak, al iets wat ‘n mens bygebly het. Soos die ouderdom egter begin naderkruip
‘n Sondige sondebeskouing
Sommige mense dink dat dit wonderlik sou wees as die Bybel vir ons ‘n volledige, omvattende sonde-katalogus gegee het. Ons sou dan vinnig kon naslaan of iemand se siening of optrede sonde is of nie. Ons sou in alle situasies presies weet wat reg en verkeerd is, en sodoende ‘n wonderlike gehoorsame lewe kon lei!
Die [...]
Beginsels reguleer ons doen en late
Sonder reëls of beginsels sal die hele samelewing in duie stort: Geen besigheid, skool, regering of gesin sal kan funksioneer nie. Die rede hiervoor is dat reëls ons emosies en gedrag reguleer. Dit help ons om te onderskei tussen reg en verkeerd, goed en kwaad, regverdig en onregverdig. Vir Christene is God se reëls die [...]