Kritiese Christenskap

Beoordeling is verwerp en aanvaar
Wie veroordeel, lewer kritiek wat voortvloei uit veragting vir ander, en ‘n oorskatting van homself/ haarself. Beoordeling is egter kritiek wat nie gemik is teen die sondaar nie, maar teen die sonde, omdat dit kom uit ‘n hart wat omgee. Daar is egter nóg ‘n kenmerk van veroordeling wat belangrik is: Veroordelende kritiek is negatief, want daar is geen waardering vir die goeie en positiewe in iemand se woorde en optrede nie. ‘n Hart wat vol veragting is, laat mens slegs toe om die verkeerde in iemand anders se optrede raak te sien. Let maar op hoe mense iemand wat iets verkeerd gedoen of gesê het, uitmekaar trek. Alles is verkeerd, slegs die negatiewe word raakgesien. Die persoon wat gekritiseer word, kan niks goeds doen nie. As ek met iemand se standpunt verskil, laat my verwaandheid my nie toe om die goeie in sy argument raak te sien nie. Die veragting in my hart, vereis dat alles wat hy sê, veroordeel moet word. Daar is geen ruimte vir die raaksien van iets positiefs nie.

Daarteenoor is beoordeling anders. Omdat beoordeling nie teen die persoon gerig is nie, maar teen valse woorde en verkeerde dade, is daar ruimte vir die afwys van wat verkeerd is, én vir die erkenning van wat goed is. Omdat beoordeling voortvloei uit ‘n hart wat omgee, is daar waardering vir die insig wat ander se woorde weerspieël. Beoordeling is kritiek wat die valse en verkeerde ontmasker, maar die ware en goeie raaksien. Veroordeling is: blote verwerping. Beoordeling is: verwerping en aanvaarding! 1 Tes. 5:21-22 bekemtoon hierdie twee fasette van beoordeling baie duidelik: “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad” (Ef.5:10-11).

Tienie van der Walt

(art371)

Veroordeel: Minag ander, oorskat self
Veroordelende woorde kom gewoonlik uit ‘n liefdelose hart. ‘n Liefdelose hart bepaal ons siening van onsself en van ander. Liefdeloosheid veroorsaak dat ons ander mense verag, op hulle neersien en daarom probeer om hulle met ons kritiek te veroordeel, te verkleineer, af te kraak en te beledig. Veroordeling is gemik teen die persoon. Veroordeling is nie ‘n hand wat uitgesteek word om te help nie, dit is ‘n vuis wat wil platslaan! Dit is nie ‘n geveg teen die sonde nie, maar teen die sondaar. In Romeine 14:10-12 vermaan Paulus die gemeente oor die gewoonte om ander te verag en te veroordeel. Jakobus 4:11-12 vermaan die lesers om nie van mekaar kwaad te praat en te veroordeel nie. In albei gevalle word veroordelende woorde verbind met ‘n poging om die ander persoon te benadeel.

Liefdeloosheid veroorsaak nie net veragting van ander nie, maar dikwels ook ‘n groot verwaandheid, en as gevolg daarvan ‘n onvermoë om ons eie sondes en gebreke raak te sien. Ander is altyd verkeerd, maar ons is altyd reg. Ander mense word genadeloos uitmekaargetrek, maar onsself het geen foute en tekortkominge nie. Dit is dan ook die ander kenmerk wat Christus in die gelykenis van die Fariseër en tollenaar uitwys, nl. dat hierdie veroordelende mense “op hulleself vertrou dat hulle regvedig is” (Luk. 18:9). Die Fariseër het duidelik vir God vertel watter sondes die tollenaar het, én hoe voortreflik hyself is. ‘n Veroordelende mens kan skerp kritiek lewer op ander, maar is nie daartoe in staat om selfkritiek toe te pas nie.

Hy of sy wat ander veroordeel, doen dit omdat hulle hulle naaste verag, hulle eie gebreke nie raaksien nie en hulle eie vermoëns oorskat.

Tienie van der Walt

(art370)

Die gesindheid agter veroordeling
Die meeste van ons het al seerkry-ervarings van mense se veroordelende woorde gehad. Veroordeling het al baie gelowiges se wiele pap gemaak. Miskien is ‘n voorbeeld uit my jong dae ‘n goeie illustrasie hiervan.

Ek was nog minder as ‘n jaar in die bediening, toe ‘n persoon my in die openbaar slegsê dat die see my nie kon afwas nie. Hy het kru oordele oor veral my preding uitgespreek, onder andere dat ek die gemeente vernietig met my swak preke. Hierdie veroordelende kritiek het my vir weke as’t ware teen die planke gehad het. Totdat een van ons lidmate, met slegs ‘n st. 6-sertifikaat, my kom besoek. Hy het van hierdie episode gehoor, maar wil hê dat ek myself een vraag moet afvra: Watter gesindheid weerspiëel hierdie kritiek? Indien dit getuig van die omgee-gesindheid van Christus, kan ek gerus daarna luister, want dit kan my help om nog beter diens in God se koninkryk te lewer. As die kritiek egter nie van hierdie Christus-gesindheid getuig nie, moet ek weet dat dit ‘n poging van die Duiwel is om ‘n struikelblok in die pad van my koninkryksdiens te plaas. Dan moet ek my nie daaraan steur nie, dit uit my gedagtes ban en ongestoord aangaan met my bediening. Hierdie wyse woorde het my genees van die gif van veroordeling, en bevry van die kettings van moedeloosheid.

Die belangrike punt wat hierdie persoon gemaak het, is: Veroordelende woorde spoel uit ‘n liefdelose hart en die doel hiervan is om iemand af te breek. Rom. 14:10 gee iets hiervan weer: “Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder?” (vgl. Luk 18:9 en Jak. 4:11 en 12).

Veroordelende woorde word maklik uitgeken aan die gesindheid waarmee dit gesê word.

Tienie van der Walt

(art369)

Doen moeite om te verstaan!
Gedurende hierdie nuwe jaar wat voorlê, mag ons ander se woorde en dade beoordeel, want God gee ons die reg daartoe (vgl. Ef 5:10). Ons moet ander se sieninge en optredes evalueer, want God beveel ons om dit te doen (1 Tes 5:21); Luk 12:46 en 47). Sonder kritiese beoordeling van alles waarmee ons te doen kry, gaan ons ‘n donker jaar tegemoed.

Die Bybel keur egter nie alle soorte kritiek goed nie. Veroordeling (oordeel) is ‘n sondige vorm van kritiek: “…julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie” (Luk 6:36 en 37). Om te beoordeel is ons plig, om te veroordeel is sonde.

Die volgende vergelykings kan ons help om te onderskei tussen beoordeling en veroordeling: Beoordeling is gerig teen die sonde, veroordeling teen die sondaar;  beoordeling sien ook die positiewe raak in dit wat beoordeel word, maar veroordeling neig om totaal afwysend te wees teenoor dit wat veroordeel word;  beoordeling word gedoen vanuit die agtergrond van selfbeoordeling, selfkritiek, terwyl veroordeling geneig is om blind te wees vir eie tekortkominge;  beoordeling groei uit omgee vir die persoon wat gekritiseer word, terwyl veroordeling gewoonlik gebore word uit veragting van die ander persoon;  beoordeling is gevoelig vir die regverdigheid van eie kritiek, terwyl veroordeling bewustelik van onregverdige kritiek gebruik maak;  beoordeling laat mens se hart en gedagtes oop vir sinvolle gesprek, terwyl veroordeling sinvolle meningswisseling onmoontlik maak.

Ons moet moeite doen om te probeer verstaan wat die verskil tussen gehoorsame beoordeling en sondige veroordeling is.

Tienie van der Walt

(art368)

Veroordeling: Ek is beter as jy?
Wanneer ons kritiek as “veroordeling” bestempel, moet ons seker maak dat ons die verskil tussen “veroordeel” (oordeel) en “beoordeel” goed begryp. Die volgende teksverse gee ‘n goeie indruk van wat met “veroordeling” bedoel word:

Mat. 7:1-5 (Luk. 6:41, 42): “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsdes, haal eers die balk uit jou eie oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.”

Rom. 2:1: “Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.”

Rom. 14:10: “Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word” (vgl. Jak. 4:11, 12; Joh. 8:1-11).

Uit bostaande teksverse (binne hulle breër konteks) lyk dit asof veroordeling twee fasette het, nl.

selfregverdiging en

‘n minagtende neersien op ander.

Ons sien hierdie twee fasette duidelik in die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar (Luk. 18:9-14): “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel” (vs. 9).

Veroordeling is kritiek wat sê: Ek is beter as jy!

Tienie van der Walt

(art367)

Maak seker van woorde se betekenis
Wanneer mense sterk verskil oor ‘n saak, is daar gewoonlik twee debatte gelyktydig aan die gang: Die debat oor die saak as sodanig (bv. homoseksualisme, satanisme, persvryheid), én ‘n debat oor mense se reg om kritiek te lewer. In hierdie tweede debat gebruik Christene twee woorde gereeld, nl. “oordeel” en “veroordeel”. Dit is twee bekende Bybelse begrippe wat gebruik word om vir mense te sê dat hulle nie die reg het om ander se sienings of gedrag te kritiseer nie. Om te oordeel en te veroordeel, is sonde, onbarmhartig en liefdeloos. Hierdie afkeur aan “oordeel” en “veroordeling”, kom veral in die volgende Bybelgebaseerde uitdrukkings na vore: “Wie is jy om met klippe te gooi? Jy is self ‘n sondaar.” “Wie is jy om te oordeel? Net God mag oordeel.” “Vee eers voor jou eie deur.” “Haal eers die balk uit jou eie oog, voordat jy die splinter in iemand anders se oog wil uithaal.”

Wie egter “oordeel” en “veroordeel” gebruik om iemand die reg tot kritiek te ontneem, vergeet om nog ‘n belangrike woord te gebruik, nl. “beoordeel”. As daar nie duidelik onderskei word tussen “veroordeel” en “oordeel” aan die een kant, en “beoordeel” aan die ander kant nie, ontstaan ‘n babelse spraakverwarring. Die Bybel se afwysing van veroordeling (vgl. Joh. 8:1-11; Rom. 2:1-3) word sonder meer toegepas op situasies waar nie van veroordeling sprake is nie, maar van beoordeling! Indien ons Bybelverse wil gebruik om ons pad in ‘n komplekse wêreld te vind, dan moet ons seker maak dat ons ten minste die kernbegrippe reg gebruik.

Voordat ons onsself in ‘n belangrike debat begeef, moet ons ten minste weet wat die verskil tussen “veroordeel” en “beoordeel” is.

Tienie van der Walt

(art366)

Wat sê die ander verse?
Uit verskeie Skrifgedeeltes het ons gesien dat die uitdrukking “Wie is jy om met klippe te gooi?” (wat berus op Joh. 8:7), nie gebruik kan word om vir iemand te sê dat hy nie die reg het om ander se woorde en dade te beoordeel nie. As ‘n mens Johannes 8:1-11 deeglik bestudeer, is dit duidelik dat Christus dit ook nie gesê het nie. Die verkeerde interpretasie van Christus se woorde spruit uit die feit dat vers 7 uit sy konteks geneem word, en dan ‘n inhoud gegee word wat ons pas.

Dit is onmoontlilk om in hierdie kort artikels die hele konteks van Johannes 8:1-11 te behandel. Kom ons kyk net na hoe vers 10 en 11 kan help om Christus se woorde in vers 7 beter te kan verstaan. Nadat die skrifgeleerdes en Fariseërs die een na die ander weggegaan het, vra Jesus vir die vrou of nie een van hulle haar veroordeel het nie (1953-vertaling). Sy sê vir Hom dat nie een haar veroordeel het nie. Christus sê dan vir haar (vs. 11b): “Ek veroordeel jou ook nie.” Op die oog af lyk dit dus asof hierdie twee verse die gedagte bevestig dat vers 7 ons verbied om ander se gedrag te beoordeel. Sodra ons egter verder lees, besef ons dat bg. nie waar is nie. Nadat Christus gesê het dat Hy haar ook nie veroordeel nie, beoordeel Hy haar optrede as sonde, en roep haar op om tot bekering te kom: “Gaan heen en sondig nie meer nie.” Hy het haar nie veroordeel nie, maar beoordeel (toets, evalueer) wel haar dade! Vers 7 (“Laat die een van julle wat sonder sonde is die eerste ‘n klip op haar gooi”) kan dus nie gebruik word om iemand se reg op kritiek (beoordeling, evaluasie) te ontneem nie.

Die ander verse van Johannes 8:1-11 sê dat vers 7 nie as mondstopper gebruik kan word nie.

Tienie van der Walt

(art365)

Wat sê die res van die bybel?
Na aanleiding van die kritiek op Deon Maas se artikel in Rapport oor satanisme, skryf ‘n persoon (Beeld, 17/11/2007): “En meeste van alles, hou op om ander mense te oordeel, want laas wat ek gekyk het, was God die enigste een wat die reg gehad het om dit te doen” (Rom. 2:1-3?). Net soos die geval is met die gebruik van Joh. 8:7, is die doel van hierdie woorde om te sê: “Julle het nie die reg om Maas se artikel te kritiseer nie, want die Bybel sê dat net God dit mag doen!”

Sê God regtig dat ons nie die reg het om iemand se woorde of dade te beoordeel nie, omdat ons self sondaars is en omdat net God die reg het om te beoordeel?

Die Bybel beveel ons om alles waarmee ons te doen kry, te beoordeel (vgl. 1 Tes. 5:21, 22; 1 Joh. 4:1; Gal. 6:4; Ef. 5:10; 1 Kor. 2:15).

Een van die gawes van die Heilige Gees is die gawe van beoordeling (1 Kor. 12:10).

Vermaning en teregwysing is onmoontlik sonder om te beoordeel wat reg en verkeerd is (vgl. 2 Kor. 7:8-11).

Hoe kan ons die Bybel gebruik tot weerlegging van dwaalleer as ons nie die reg het om te beoordeel of iemand se siening waar of vals is nie (2 Tim. 3:16)?

Hoe kan ons ons kinders die regte pad wys, as ons nie hulle woorde en dade mag beoordeel nie? (vgl. Spr. 15:5).

Hoe kan ons ons van ons sondes bekeer, as ons nie mag beoordel wat reg of verkeerd is nie? (vgl. Mat. 3:2).

As die hele Bybel duidelik vir ons sê dat ons alles moet beoordeel, hoe kan ons dan gedeeltes soos Joh. 8:7en Rom. 2:1-3 gebruik om net die teendeel te sê?

Voordat ons ‘n teks of twee gebruik om mense se monde te snoer, kom ons gaan kyk eers wat God in die res van die Bybel oor die saak te sê het!

Tienie van der Walt

(art364)

Weerstaan die mond-snoerders!
Die uitdrukking “Wie is jy om met klippe te gooi?” is ‘n baie algemene manier om iemand se kritiek te beantwoord, veral omdat dit so ‘n effektiewe mond-snoerder is. Dit is ‘n baie goeie tegniek om te gebruik, veral om twee redes:

die uitdrukking is op die Bybel gegrond (vgl. Joh. 8:7), en by implikasie is dit dus God wat sê dat ons nie die reg het om te kritiseer nie, en

dit impliseer dat ons hardvogtig en liefdeloos optree deur iemand se optrede as verkeerd te beoordeel. Wie het die vrymoedigheid om kritiek uit te spreek as sy kritiek as onbybels en hardvogtig beskryf word? Die groot voordeel wat die gebruiker van hierdie spreekwoord kry, is dat hy sy kritiseerder stilmaak sonder dat hy op die beskuldigings hoef te antwoord. Baie gerieflik!

Myns insiens mag ons egter nie toelaat dat ‘n verkeerde gebruik van die Bybel ‘n valse skuldgevoel by ons opwek en sodoende ons kritiek op iemand se woorde of dade uitskakel nie. Ons moet altyd onthou dat die misbruik van die Bybel om ons monde te snoer, alleen suksesvol kan wees as ons dit self toelaat! As ons toelaat dat ‘n verdraaide Woord ons skuldig laat voel, is onsself verantwoordelik vir ons stilswye. Ek reken dat die enigste manier om hierdie misbruik van ‘n bybelvers sy krag te ontneem, is deur dieper in die Bybel te delf en te probeer vasstel wat God dan wêl in Joh. 8:7 vir ons wil sê. Deur dieper te grawe, word die oppervlakkige en verdraaide gebruik van Bybelverse in spreekwoorde, aan die kaak gestel. Die bybelse ontmaskering van die verkeerde gebruik van bybelsgegronde spreekwoorde, is die enigste manier om weerstand te bied teen die aanslae van die wêreld se mond-snoerders.

Tienie van der Walt

(art363)

Bybelverse is soms gevaarlik
Daar is heelwat verse in die Bybel wat in Afrikaans as spreekwoorde gebruik word, soos byvoorbeeld: “Haal eers die balk uit jou eie oog!” (vgl. Mat. 7:3). ‘n Vers wat dikwels gebruik word, is Johannes 8:7(b): “Laat dié een van julle wat sonder sonde is die eerste klip op haar gooi.” Soms word die vers net so gebruik, en soms word dit verander na “Wie is jy om met klippe te gooi?”

‘n Goeie voorbeeld van die gebruik van hierdie teksvers, vind ons in ‘n brief wat op 19/10/2007 in Beeld verskyn het. Iemand het in ‘n vorige brief kritiek uitgespreek teen Leon Schuster wat na bewering dolosse gegooi het om te kyk of die Springbokke sou wen. In reaksie op hierdie kritiek, skryf bg. persoon: “En wat Leon Schuster betref, wie is jy om sy Christenskap aan te val?…Laat die een sonder sonde die eerste klip optel” (my kursivering). Soortgelyke gebruik van Joh. 8:7 kom dikwels in gesprekke en in briewe in koerante voor. Die gedagte van hierdie skrifaanhaling is duidelik: Die skrywer van die vorige brief het nie die reg om Schuster se optrede te kritiseer nie, want hy is self vol sonde.

Dit is wonderlik dat Skrifwaarhede, soos Joh. 8:7  ‘n plek in ons taal se spreekwoorde gekry het. Die probleem is egter dat hierdie teksvers dikwels verkeerd gebruik word, om te sê wat die Bybel juis n?e sê nie! Die bedoeling van Christus se woorde aan die skrifgeleerdes en Farisieërs was nie om vir hulle te sê: “Julle mag nie haar owerspel kritiseer nie, want julle het ook sonde!” Die probleem met sommige Bybelgebaseerde spreekwoorde, is dat ‘n teksvers buite die konteks van die perikoop waarin dit voorkom, gebruik word. Teksverse wat verkeerd gebruik word, is gevaarlik.

Tienie van der Walt

(art362)